TAIWAN. – Adri Beer woon al die afgelope agt jaar in Taoyuan, Taiwan. Sy het ‘n sesjarige dogtertjie, Kya. FiND iT het by Adri en Kya tydens die wêreldwye Covid-19 epidemie, ingeloer.
Wanneer het Covid-19 ‘n effek op jou lewe gehad?
“Ek was in Kaapstad toe dit begin het. Ek moes na die Chinese nuwejaar teruggaan en sou via Hong Kong vlieg. Ek moes toe nuwe kaartjies koop om via Dubai te vlieg, as gevolg van kwarantyn vir passasiers wat uit Hong Kong land.”
Hoe hanteer Taiwan die epidemie?
“Baie goed. Daar is streng maatreëls en swaar boetes vir die mense wat die kwarantyn verbreek. Taiwan was een van die eerste lande wat reis vanaf Wuhan verbied het.
“Maskers is deel van die kultuur en handreiniger is oral beskikbaar. Temperatuurkontroles word geneem voor jy by besighede, soos bv. die bank, ingaan.”
Is Taiwan ook in #lockdown?
“Nee, Taiwan is nie in lockdown nie, so winkels is oop soos normaal. Maskers moet gedra word op as jy die openbare vervoer gebruik en ook in baie winkels is dit verpligtend. Ek is ‘n onderwyser by ‘n privaatskool, so ons moet maskers dra as ons klasgee. Studente moet ook maskers dra. Ons mag nie in ‘n lift praat nie en bv. my man mag nie met sy kollegas praat terwyl hulle in die kafeteria eet nie.”
Hoe doen Taiwan dinge anders as Suid-Afrika?
“Taiwan het vroeg aksie geneem en mense wat vanaf ander lande land, aanbeveel om self-kwarantyn toe te pas. Die dra van maskers is van begin af aanbeveel.”
Hoe ervaar jou dogtertjie dit?
“Kya gaan elke dag skool toe met ‘n masker. Sy is fine. Ons kan net nie by McDonalds gaan speel nie, maar ons kan park toe gaan. Ons kan ook nie gaan swem nie.”
Kyk hoe lyk dit waar Adri en Kya woon:



