Leef jou eie lewensplan, maar respekteer steeds jou ouers

Deel hierdie storie / Share this story

Om jou lewe te leef soos iemand anders verwag, is die vinnigste en mees konsekwente pad na ’n onvervulde, onverdiende en frustrerende bestaan.

Jy kan dit sien in die gefrustreerde, robotiese manier waarop mense deur hul lewe worstel. Let op die teleurgestelde, hartseer ouens wat hul pyn in die bodem van ’n bier probeer vergeet.

Dit is nie die lewe wat enigiemand wil hê nie. Dit kan baie moeilik wees om jou eie lewenspad te kies en niejou ouers teleur te stel nie. Hier is maniere om jou ouer trots te maak, ongeag die loopbaan wat jy kies.

Wees vriendelik en bedagsaam

Wees altyd vriendelik en bedagsaam teenoor ander, insluitend jou ouers. Dit is ’n ongelooflike persoonlikheidseienskap wat nie net jou ouers trots sal maak nie, maar dit sal jou baie ver in die lewe bring.

Wees stiptelik

Wees altyd betyds. Of dit nou vir ’n belangrike byeenkoms of ’n  gesinsete is, stiptelikheid is nog ’n eienskap wat oral in jou guns tel. Soms kan omstandighede voorkom dat dit gebeur, maar doen altyd jou bes om betyds te wees.

Hou by jou woord

As jy sê jy sal iets doen, doen dit. So eenvoudig soos dit. Moenie beloftes maak wat jy nie kan nakom nie. As iemand iets van jou vra of verwag en jy nie seker is jy kan daaraan voldoen nie, sê eerder jy sal  jou bes probeer of sien wat jy kan doen.

Soms kan iets eenvoudig , maak nie saak hoe klein nie, soos om jou woord te hou, die wêreld vir iemand anders beteken.

Probeer jou bes

Probeer altyd jou bes, ongeag die situasie. Nie net is jy meer geneig om te slaag nie, maar mense is geneig om op te let wanneer iemand regtig hul bes probeer en hard werk. Dit is ook ’n baie goeie eienskap om in ’n werksomgewing te hê.

Vra jou ouers vir raad

Jou ouers stem moontlik nie saam met die keuses wat jy maak nie, maar hulle kan baie goeie insig hê as jy deur ’n moeilike tyd gaan of met ’n sekere situasie sukkel. Glo altyd jou ouers wil hê jy moet gelukkig wees en begeer die beste vir jou. Hulle kan jou goeie advies te gee of ten minste ’n eerlike opinie.

Jou ouers is lief vir jou en sal altyd die beste in jou sien. Dit is moontlik om steeds jou eie keuses te maak en jou ouers en diegene rondom jou te respekteer deur ’n ordentlike persoon te wees. Jou ouers is minder geneig om oor jou loopbaan- of lewenskeuses te tob as hulle weet dat jy ’n goed afgeronde persoon is.