Gevriesde Peppermint Crisp-tertjies

Deel hierdie storie / Share this story

’n Lekker twist op die gewone Peppermint Crisp-tert en die lekkerste gedeelte is dit bevat net vier bestanddele.

Bestanddele:

  • 150g vanielje Tennis-beskuitjies
  • 1 blik (380 g) Ideal milk
  • 1 blik (360 g) Caramel Treat
  • 1  (49g)  Peppermint Crisp sjokolade, gekrummel

Metode:

  • Plaas die blikkie Ideal Milk vir 30 minute in die vrieskas.
  • Voer ’n mini-kolwyntjiepan met papierbakkies uit.
  • Plaas die Tennis-beskuitjies in ’n sakkie en druk met ’n koekroller fyn.
  • Skep ’n dun laag beskuitjiekrummels in elk van die holtes in die kolwyntjiepan en druk dit met ’n teelepel vas.
  • Klop die koue Ideal milk met ’n elektriese klitser in ’n verkoelde bak tot stywe pieke vorm.
  • Klop die Caramel Treat in ’n aparte bak met ’n poedinglepel tot sag en glad en vou die helfte saam met die geklopte Ideal Milk tot net gemeng. Sit die ander helfte van die Caramel Treat eenkant.
  • Skep die karamel-roommengsel versigtig in ’n spuitsak.
  • Spuit  ’n dun lagie karamel-roommengsel oor die beskuitjiekrummels, voeg ’n klein bietjie van die Caramel Treat in die middel van elke holte, en spuit dan die oorblywende karamelroom bo-op en vorm ’n  piek bo-op elke koekie.
  •  Sprinkel gekrummelde sjokolade bo-oor.
  • Vries oornag.
  • Verwyder die mini-tertjies uit die papierbakkies voordat jy dit bedien en GENIET!