Tik en mandrax gekonfiskeer

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON. – ‘n Verdagtes is hier in hegtenis geneem nadat tik en mandrax ter waarde van R4500 by hom gekry is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie was besig met misdaadvoorkoming-operasies toe hulle ‘n man opmerk wat moontlik dwelms smokkel.

“Die polisie het dit opgevolg en die dwelms is by die verdagte gekry. Die verdagte sal binnekort hier in die landdroshof verskyn.”