KIMBERLEY – Die verkeerslig op die hoek van Carters- en Schmidtsdriftweg is tans buite werking. Die verkeerslig werk aan Schmidtsdriftweg se kant, maar nie aan die kant van Cartersweg nie. Dit kan ’n ongeluk veroorsaak indien die verkeerslig as vierrigtingstop gebruik word. Wees versigtig indien jy in daardie rigting beweeg.



