KIMBERLEY – ’n Swart wyfiekat met die naam Lucy is al van gister af vermis. Sy het in die New Park-area weggeraak. Volgens haar eienaar, Kathy Paterson, bly Lucy nooit weg van die huis af nie. “Ons mis haar vreeslik. Sy is baie liefdevol.”
Indien jy vir Lucy gewaar, kontak asseblief vir Kathy by 060 442 6785.



