Country-musiekster Kenny Rodgers op 81 oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Country-musieklegende Kenny Rodgers is op 81-jarige ouderdom oorlede. Die familie van die musiekikoon het die nuus op sosiale media bevestig.

In ’n verklaring het Rodgers se familie gesê: “Die Rogers-familie is hartseer om aan te kondig dat Kenny Rodgers gisteraand omstreeks 10:25 oorlede is. Rogers is aan natuurlike oorsake, onder die sorg van ’n hospies en omring deur sy familie, oorlede.”

Rogers het ’n aantal toptreffers gehad, waaronder The Gambler, Islands in the Stream en Lady.

Sy naam is in 2013 in die Country Music Hall of Fame bygevoeg.

Rogers, wat ook in vennootskap met Dolly Parton sukses behaal het, het in 2015 ’n afskeidstoer aangekondig, maar het voortgegaan om tot in 2017 op te tree.