KIMBERLEY. – Algehele chaos heers op die oomblik in Greenpoint, Kimberley, nadat die gemeenskap ’n Chinese burger in ’n winkel toegesluit het.
Joy Goliath, van Greenpoint, sê aan FiND iT die gemeenskap is oproerig en daar is ’n groot skare.
Die Chinese burger, wat glo ’n winkel in Greenpoint het, het siek geword. Die gemeenskap het hom summier in die winkel toegesluit, omdat hulle glo vermoed hy het die gevreesde koronavirus, sê Goliath.
FiND iT het ’n dringende navraag by Lulu Mxexo, woordvoerder vir die departement van gesondheid in die Noord-Kaap, ingesit en wag vir terugvoer.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisie kan nie kommentaar lewer op die situasie nie. Die polisie is op die toneel.
Geensins is daar bevestig dat die man siek óf die koronavirus het nie en FiND iT wag vir die antwoord.
Hier is ‘n stemboodskap wat FiND iT ontvang het:
Hier is ’n video van hoe dit nou in Greenpoint lyk.



