SANDTON – Gewapende rowers het ’n ma Maandagmiddag van haar juwele beroof terwyl sy buite die St Stithians College in Sandton gewag het om haar kind op te tel. Die vrou se arm is in die voorval beseer. Leerlinge is na hul klaskamers teruggeneem.
Bron: TimesLive



