NOORDWES – Boere in die Noordwes het Sondag binne ure nadat ’n boer (92) aangerand en beroof is, twee vermeende plaasaanvallers vasgetrek. Die boer het twee mans op sy plaas in die Wolmaransstad-distrik water gegee nadat hulle gesê het hulle is dors. Hulle het hom kort daarna oorval.
Bron: Netwerk24



