SOWETO – ’n Meisie (4) van Soweto is dood nadat haar pa (57) haar na bewering aangerand het. Die verdagte is Sondag in hegtenis geneem nadat hy die kind na ’n kliniek geneem het. Die dokter wat haar ondersoek het, het die polisie ontbied. Sy is kort daarna dood.



