KIMBERLEY. – Die Sol Plaatje Darts-klub hier is positief vir die nuwe jaar.
Magta van Schalkwyk , komiteelid, sê 2019 was ‘n baie goeie jaar vir dié klub. Darts, oftewel “veerpyltjies” in Afrikaans, is ‘n gewilde manier van ontspanning, maar die klub neem dit verder.
Liga-wedstryde
“Ons kom elke Woensdag bymekaar om liga-wedstryde te speel. Dis lekker om na ‘n lang dag by die werk saam te ontspan,” sê van Schalkwyk. Die klub berei nou voor vir Paasnaweek, wanneer die Easter Bash plaasvind.
Top spelers 2019
Hier is die topspelers vir 2019:
JC van Niekerk top junior speler, Heila Pain, top vroue speler, Christiaan van Heerden top man van die jaar.



