Kimberley-gesin staan saam na ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Dirk van Schalkwyk (59), die Noord-Kaap se president van Sol Plaatje Darts, herstel steeds van ’n tragiese ongeluk.

Vyf maande in Medi-Clinic

Van Schalkwyk was in April verlede jaar vir vyf maande in Medi-Clinic in Bloemfontein nadat hy in ’n fratsongeluk by die Boshof-oval betrokke was.

Magda, sy vrou, sê  hy is al vier maande by die huis en word deur ’n dagsuster versorg. “Saans neem ek oor om na hom te kyk.”

Aanpassing na ongeluk

Sy vertel die aanpassing na sy ongeluk was baie moeilik. “Dit het ons hele lewe verander. Ek moet naby hom wees vir as hy my nodig het.”

Van Schalkwyk se seun, Fransie, ondersteun hom geweldig baie. Same met sy verloofde, Lyndsay, doen die twee regtig baie, sê  Magta. “Fransie help veral om hom in en uit die bed te kry. Hy is tans heeltemal verlam.”

Gesin staan sterk

Die gesin is deur ’n rowwe tyd, maar Magda sê wat hulle dra, is hulle geloof. “Herstel kom met tyd. Nie noodwendig ons tyd nie. Ons sal nie opgee nie.”