KIMBERLEY – ’n Vlug wat net na 18:00 uit Kimberley na Johannesburg vertrek het, moes net na dit opgestyg het glo ‘n noodlanding maak.
Neels Kruger, ’n passasier op die vliegtuig, sê die personeel het dit baie goed hanteer en almal het veilig van die vliegtuig af gekom. Volgens Kruger het ‘n voëltjie moontlik by die enjin ingevlieg, wat veroorsaak het dat die vliegtuig moes land.
Die passasiers kry almal kaartjies vir ‘n ander vlug, maar vlugte na en van Johannesburg is vertraag.
Niemand is beseer nie. FiND iT het navrae aan SA Airlink gerig.
Thinus Pretorius, woordvoerder van die Kimberley-brandweer, het bevestig die brandweer is as ’n voorsorgmaatreël in die geval van ’n noodlanding na die lughawe ontbied. “Die vliegtuig het moontlik ’n bird strike gehad, maar hy het veilig geland,” sluit hy af.









