RITCHIE. – Die inwoners van Ritchie werk al van vroegoggend af om areas veiliger en skoner te maak.
Neem eienaarskap
Elize Niemann, ‘n Sol Plaatje-raadslid en inwoner, sê die hele gemeenskap het hande gevat om die dorp skoon te maak. Sy glo daaraan dat mens self moet eienaarskap vat.
“Sorg dat jou omgewing skoon is.”
Inwoners en boere in die omgewing het sedert 08:00 hier begin werk. Hulle het begin deur die ingang van die dorp en die vier lane skoon te maak en rommel op te tel.
Indringer bome
’n Groot deel van hulle projek is om die indringerplante, Prosopis, wat op sypaatjies groei, te verwyder. Die departement van omgewingsake het hierdie bome geïdentifiseer as nasionale indringerplante. “Dit is besig om die paaie te versper en dit neem al die ondergrondse water op,” verduidelik Niemann. Die hout van dié bome sal na die tyd as vuurmaakhout deur die inwoners gebruik word.
Dis hoe 14 de Laan voor en na die tyd lyk:
Die inwoners is steeds besig om skoon te maak.




