KIMBERLEY: ’n Hoofpyp het na bewering in Platfontein gebars. Die pyplek wat al ’n hele rukkie ’n probleem veroorsaak, het al in ’n dam water verander.
Peet Louw van die DA sê: ‘’Die probleem is gister by die Sol Plaatje-munisipaliteit aangegee en daar is nog nie aandag aan die probleem gegee nie.’’
Die plaaslike kinders van Platfontein swem in die water en kan moontlik siektes opdoen, aangesien niemand weet hoe skoon of vuil die water is nie.
FiND iT het navraag by Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag steeds vir terugvoer.



