Ouers ongelukkig oor oorvol klaskamers

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Ouers van Hoërskool William Pescod is ongelukkig oor klasse wat oorvol is. ‘n Besorgde ouer van ‘n gr. 8-leerder in hierdie skool het aan FiND iT vertel dat sy bekommerd is dat haar dogter nie die nodige onderrig en hulp gaan ontvang nie.

Onderwyser-leerder verhouding

Geoffrey van der Merwe, die woordvoerder van die department van onderwys, kan bevestig dat die onderwyser-leerder verhouding 1:40 is by die meeste skole. Dieselfde geld vir William Pescod met ‘n gemiddelde 1:42 verhouding in die gr. 8-klasse en 1:40 by gr. 9- en gr. 10 klasse. “Ja, daar is ’n gr. 9 -klas met 55 leerders, maar dit moet nog verdeel word om die klasse te balanseer.

Bewus van klagtes

Die department van onderwys is bewus van die klagtes van sekere ouers wat nie gelukkig is met die plasing van hul kinders nie, maar hulle het van die begin af aangedui dat hulle nie die plasing by ‘n voorkeurskool kan waarborg nie. “Ons is besig om ons verantwoordelikheid na te kom om seker te maak dat almal in skole geplaas word en dit is die keuse van ouers om die plasing wat deur ons distrikskantoor aangebied word, te aanvaar of af te keur,” sê Van der Merwe.