Sterkman teleurgesteld in mense

Johan Els (40), wie se vrou, Yolandie Els, vermis was, sê hy is teleurgestel in mense na gerugte die rondte doen dat hy sy vrou aangerand het.

Spyt

Els het aan FiND iT gesê hy is spyt hy het na Facebook gegaan vir hulp, maar dit het sy oë oopgemaak.

Hoe hy sy vrou ken

Hy sê hy soek sy vrou al van “dag een af” en die polisie was van dag een af betrokke omdat hy onraad vermoed. “Ek het Dinsdagoggend Kimberley toe gery om vir Rooies (Strauss) te ontmoet vir evangelisasie-werk. My vrou het nie saam gegaan nie omdat dit nogals koud was. Ek het haar gegroet, ’n soentjie gegee, ’n stywe drukkie en toe ek net by die hek wou uitry toe skree sy ‘wag my lief, kom ek gaan haal vir jou ’n baadjie,’ dit is hoe ek my vrou ken. Dit is die laaste keer wat ek my vrou gesien het. Toe ek by die huis kom, was sy weg.”

Nie weer gesien nie

Els sê hy het sy vrou geen leed aangedoen nie en dat mense hom nou beswadder. “Ek het my lewe volkome vir Jesus gegee. Ek vermoed dit is hoekom my vrou my gelos het. Sy wil dalk nog in die wêreld lewe. Vandat sy weg is, het ek nog glad nie met my vrou gepraat nie of haar gesien nie, so ek weet nie of sy werklik eers veilig is nie.”

Kapt. Aasje Botma, polisiewoordvoerder vir Noord-Wes, het bevestig daar is nog nie ‘n vermiste persoon aangemeld in Christiana nie. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: