CHRISTIANA. – Yolandie Els, eggenoot van 2018 se sesde sterkste man ter wêreld, word vermis.
Johan “Strongman” Els het vroeër vandag op sy Facebookblad ’n foto van Yolandie gedeel met die woorde: “My pragtige vrou Yolandie Els is vermis. As enige iemand haar sien of iets weet kontak my asb. Dadelik. Die polisie en speurders doen ook als wat hul kan.”
Kapt. Aasje Botma, polisiewoordvoerder vir Noord-Wes, het bevestig daar is nog nie ‘n vermiste persoon aangemeld in Christiana nie. Botma het ‘n beroep op inwoners gedoen om dadelik ‘n vermiste persoon-saak oop te maak as iemand vermis word.
FiND iT het verlede jaar ’n artikel oor Johan gedoen. Hy het in 2018 die titel van die sesde sterkste man by die world strongest man-kompetisie gewen. Hy het ten tye van die artikel 250 kg gebench en ’n Afrika-rekored van 405kg deadlift aangeteken.
FiND iT het Johan gekontak en wag vir sy terugvoer. Ons hou jou op hoogte.




