NOORD-KAAP. – Die Noord-Kaap is as ’n rampgebied verklaar en R300 miljoen is deur die regering beskikbaar gestel om in te gryp.
Rampgebied
Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het tydens ’n dringende perskonferensie Vrydagmiddag, aangekondig hy het ’n verklaring onderteken wat die provinsie as ’n rampgebied verklaar.
Al sedert Mei 2019
“Die droogte in die Noord-Kaap is al in Mei verlede jaar onder ons aandag gebring. Die Noord-Kaap het laat somerreën gekry en buitengewone hoë temperature. Die droogte affekteer al vyf distrikte.”
Departemente sal saamwerk
Saul sê verskeie departemente sal saamwerk om die verligting aan droogte-geteisterde areas te bring.
R300 miljoen beskikbaar
Die departement van water, sanitasie en menslike nedersettings het R300 miljoen beskikbaar gestel vir droogteverligting vir die provinsie. Dit sal hoofsaaklik vir die sink van boorgate en ondersteuning aan munisipaliteite gebruik word. Dit sluit nie voer aan boere in nie.
Saul het Lindiwe Sisulu, minister van die departement van water, sanitasie en menslike nedersettings en David Mahlobo, deputy minister, bedank.
Saul het klem gelê dat die droogte dringende ingryping nodig het en daarom word dit nou dadelik aangespreek.



