Kolonel se beursie steeds weg

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Kolonel in die polisie se beursie en identiteitsdokument is weg nadat iemand na dit na bewering gesteel het.

Kol. Freddie Nel vertel hy was na ‘n hardeware-winkel. “By die huis gekom, het ek agtergekom die beursie het verdwyn. Ek het nie geweet dit is weg nie. Ek het ‘n oproep van Wickus Coetzee van Scorp Security ontvang. ‘n Sekuriteitsbeampte van Scorp Security het my rybewys en ander kaarte in ‘n tuin by Rendlesham in Belgravia gekry.”

Dit is nie seker of die beursie gesteel is en of iemand die beursie opgetel het en die inhoud gesteel het nie.

“My beursie en my identiteitsdokument word steeds vermis.”

Enigiemand met inligting kan Coetzee by 084 593 2618 bel.