Aanklaer van Bloemfontein vermoor glo vrou en pleeg selfdood

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN – Mbuyiselo Mkololo (49), ’n aanklaer van Bloemfontein, het na bewering sy vrou, Lindiwe Hana (44) , herhaaldelik met ’n mes gesteek en toe sy eie lewe geneem.

Luidens ’n berig op Netwerk24 ondersoek die polisie ’n saak van moord nadat Mkololo en Handa se lyke op 31 Desember 2019 in ’n woonstel in Lenona Court in Doorn, Welkom, gekry is.

Die egpaar was luidens die berig besig om te skei.