Spec-Savers se somerpromosie steeds aan

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Was jy al by Spec-Savers vir hulle koop-een-kry-een-gratis-promosie? Indien nie, is hierdie jou kans. Al wat jy hoef te doen, is om jou oë te laat toets, laat maak ’n bril met voorskriflense en kry ’n voorskrifsonbril ter waarde van R3 000 gratis!

Hoe kan jy kwalifiseer?

Om te kwalifiseer vir die Spec-Savers se somerpromosie, moet ’n volledige oogtoets gedoen word, asook moet daar eerste ’n bril met voorskriflense gemaak word. Wanneer die pasiënt dit doen, kry hy of sy ’n  gratis voorskrifsonbril ter waarde van R3 000.

Dit bestaan uit:

  • ’n Sonbrilraam tot die waarde van R1 799
  • Een paar voorskriflense
  • Een paar enkelvisie-lense
  • Tint op beide lense
  • Harde laag op beide lense

Met die promosie is daar ook ’n opsie om op te gradeer na gepolariseerde lense vir slegs R399 ekstra.

Medies en kontant

 Hierdie aanbod is geldig vir pasiënte wat medies het sowel as kontant.
Daar is ook ander opsies wat gebruik kan word soos:

  • Edgars/Jet rekeninge
  • RCS
  • Spec-Savers krediet fasiliteit (6 maande rente vry)

Handelsmerke om na uit te sien

Daar is ’n baie groot verskeidenheid rame waarvan gekies kan word. Spec-Savers het hulle eie huis-handelmerke soos byvoorbeeld Tiffany, Hunter, Gossip, Polar ens. Dan is daar ook van die meer bekende handelsmerke beskikbaar soos Diesel, Hugo Boss, Levi, Police, Escada, Carolina Herrera, Converse en nog meer.

Die sonbrille se handelsmerke is: Infinity, Converse, Hugo Boss, Police.