Wewenaar van Voëlklip-tragedie vermoed gemene spel

Deel hierdie storie / Share this story

Ettienne Scheepers (37) wie se vrou en kinders tragies gesterf het toe die gesin se VW-bussie in Oktober oor ’n krans by Voëlklip gestort het, het aan ’n Sondag-koerant vertel hy vermoed gemene spel.

Scheepers het aan dié koerant gesê daar is geen manier dat sy vrou selfdood sou pleeg nie. Volgens Scheepers was sy erg gekant teen selfdood en was sy baie uitgesproke daaroor.

Scheepers sê die polisie het inligting ontvang dat daar moontlik ’n onbekende persoon by die familie se bussie was oomblikke voor die ongeluk.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het aan die koerant gesê alles is tans net bespiegelings.