Wenke om te pak vir hierdie vakansie :

Deel hierdie storie / Share this story

Begin vroegtydig en gee jouself genoeg tyd om te dink aan wat alles gepak moet word. Ons almal weet hoe dit voel as jy by jou bestemming aankom en iemand het ièts belangriks vergeet.

  • Maak ’n lysie van alles wat jy gaan nodig hê.
  • Kies die regte sak of tas .
  • Pak slegs klere wat jy regtig gaan aantrek.
  • Kyk voor die tyd na die weer en temperature.
  • Kies gepaste klere vir die weer en die tyd wat julle weggaan.
  • Onthou om speletjies saam te vat vir reënerige dae.
  • Medisyne, salfies en pleisters.
  • Foon laaiers, oorfone en ander tegnologiese benodighede.
  • Sonskerm, donkerbril, en hoed.