Sol Plaatje-munisipaliteit werk ten spyte van begrotingsbeperkings

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Thoko Riet, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit, sê herstelwerk word nog steeds gedoen ten spyte van begrotingsbeperkings en beperkte oortydure.

“Dit is waar dat werkers beperk word tot 30 ure oortyd weens begrotingsbeperkings. Elke afdeling het ’n span wat toegewy is aan oortyd wat spesialiseer in ’n spesifieke afdeling en slegs 30 ure per maand oortyd toegeken word. As daar ’n noodgeval is, sal spanne natuurlik uitgestuur word.”

Cassandra was ’n uitsondering

“Ongelukkig was daar ’n vertraging met die Cassandra-saak en vra ons die inwoners opreg om verskoning,” sê Riet.

Waterwerke is tans besig om die waterlek in Cassandra te herstel

Kontaksentrum werk steeds

Riet gaan voort om te sê die kontaksentrum is steeds operasioneel. “Omdat groot hoeveelhede oproepe in kom en met sommige personeellede wat met verlof is, probeer ons ons bes om soveel moontlik inkomende oproepe te help, maar ons benut ook die geleentheid om ons inwoners om verskoning te vra vir ongerief wat veroorsaak word.”