WELKOM – Sewe gewapende rowers is gister hier in hegtenis geneem.
Maj.-genl. Solly Lesia, polisiewoordvoerder, sê: “Die sewe verdagtes het gister omstreeks 09:00 ’n bank in Welkom probeer beroof. Die polisie se vinnige reaksie het verseker die verdagtes word in hegtenis geneem.”
“Hierdie inhegtenisnemings en beslaglegging op kontant wat geroof is, is ’n aanduiding dat ons die gety teen misdaad laat draai. Ons sal voortgaan om misdaad tot ’n nul te druk,” sê Lesia.



