Man vermoor glo sy kind

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-Kaap – ’n Bekende plaaslike politikus (43) het na bewering sy sewe maande oue babaseuntjie op Loeriesfontein doodgemaak. Brig. Ramatseba sê: “Die man, wat van sy vrou vervreem is, het na bewering sy twee kinders geneem en geweier om hulle aan die ma terug te besorg.”

Die ma het ’n hofbevel  om die wettige voog van die kinders te wees. Die man het glo eers die baba en daarna homself met ‘n mes gesteek. Die kind is op die toneel dood verklaar en die verdagte is tans in die hospitaal onder polisiebewaking. Hy sal na verwagting op aanklag van moord teregstaan ​​sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.


Die polisie doen ’n ernstige beroep op die gemeenskappe om altyd beter maniere, soos berading om hul huweliksprobleme op te los, te vind, in plaas daarvan om die kinders te straf of seer te maak. “Om iemand se lewe te neem, is ’n strafbare misdaad, ongeag die omstandighede, en die wet sal seëvier,” sê brig. Ramatseba.