KIMBERLEY – Beefmaster Kimberley Fabriekswinkel het onlangs opknappings ondergaan en kan nie wag om hulle vars, nuwe winkel met kliënte te deel nie.
Beefmaster het baie maande aan die detail en uitleg van die nuwe winkel beplan. “Ons kan nie wag om te hoor wat die mense dink nie.”
Wat kan jy verwag?
Kliënte kan ’n groter, beter inkopie-ervaring met ’n groot verskeidenheid items verwag. Die nuwe winkel is modieus, in kleure van houtskool en houtafwerkings. Al is die winkel groter, het hulle hard gewerk om die gevoel en atmosfeer van Beefmaster te behou. “Mense moet voel hulle kry nogsteeds hulle produkte by hulle gunstelingslaghuis.”
Dieselfde, vriendelike personeel is gereed om aan kliënte se behoeftes te voorsien.
Heropen Vrydag
Die opening sal na verwagting op Vrydag 13 Desember plaasvind.
Watter promosies gaan daar wees?
Daar sal baie openingpromosies en eenmalige afslag op beesvleis sowel as ander items wees. Daar sal Vrydag ook baie pryse wees wat gewen kan word!
Kom besoek ons by Carlsteinstraat 2-6, Kimdustria vir goeie promosies en pryse!
“a Cut above the rest!”



