
Jealize (agt) en Dominique (elf) is sussies en hulle is altwee opsoek na ‘n hondjie waarmee hulle kan stap. “My hondjie is baie oud en slaap net heeltyd,” sê Jealize. Sy en haar sussie is in Laerskool Eureka. In Jealize se brief sê sy dat sy asseblief vir Kersfees ’n speel-speel hond wil hê wat kan loop.


