KIMBERLEY. – ‘n Man (22) is hier met meer as R45 000 se koper gevang.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die man is op 28 November deur die polisie aangekeer.
“Die verdagte is naby Transnet by die Kamfersdam gevang. Die polisie het inligting ontvang van mense wat gate grawe om kabels te steel. Vyf verdagtes het gevlug en word gesoek.”
Enigiemand met inligting kan ao. Henk van der Merwe by 082 447 1250 bel.



