Korrektiewe beampte vir verkragting gearresteer

Deel hierdie storie / Share this story

Lede van die Galesewe eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het vanoggend ’n korrektiewe beampte in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ’n 20-jarige vrou.

Na bewering het die beampte, verbonde aan die Tswelopele Maksimum Korrektiewe Sentrum in Kimberley, die slagoffer omstreeks 03:45 die oggend in Kagisho verkrag.

Die slagoffer het na bewering vanaf ’n plaaslike drankwinkel huis toe geloop toe sy deur die verdagte (38) gegryp, met geweld gedreig en na bewering verkrag is.

Die verdagte sal na verwagting môre 4 Desember in die Galeshewe-landdroshof verskyn.

Brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, sê die ondersoek duur voort.