KIMBERLEY. – Ouers word gewaarsku oor ’n speletjie, genaamd The Choking Game, wat al jare bestaan en reeds die lewens van talle kinders en tieners regoor die wêreld geëis het.
’n 14-Jarige leerder aan Kimberley Boys’ High is steeds in ’n kritieke toestand ná hy en ’n medeleerder verlede Dinsdag ’n ‘speletjie’ gespeel het. Die seun het na bewering gekla van ’n pyn in sy keel en is hospitaal toe geneem. Hy is sedertdien in ’n koma.
Oor hierdie speletjie is reeds wyd berig, maar is steeds onbekend aan baie.
Die persoon wat hierdie speletjie wil speel, moet na bewering hiperventileer en dan vinnig sy asem ophou om sy bewussyn te verloor. Hierdie speletjie is dus baie gevaarlik, omdat dit verhoed dat suurstof na jou brein vloei.
Daar is na bewering verskillende maniere hoe hierdie speletjie gespeel kan word.
Hier is meer inligting op Wikipedia en ’n berig wat deur Time gepubliseer is.



