Vier sterf in ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Die bestuurder van ’n Opel Corsa en drie passasiers is  Saterdag 16 November oorlede in ’n ongeluk net buite Philipstown op die R48.

Die bestuurder en drie insittendes het glo ’n begrafnis op Petrusville bygewoon en was op pad na De Aar.

Na bewering het die voertuig omgeslaan. Twee van die insittendes is buite die voertuig gevind en die ander twee was in die verbrande motor vasgekeer. Drie mans en ’n vrou is op die toneel dood.

Brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, sê twee van die vier oorledenes is geïdentifiseer en hulle name sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes in kennis gestel is. Diegene wat onherkenbaar verbrand is, moet nog geïdentifiseer word.

“Enigiemand met inligting kan sers. Leon Crafford by 073 838 2747 kontak,” sê brig. Ramatseba.