GWRU bied skeidingspakette vir administratiewe personeel aan

Jannie Louw, die president van die Griekwaland Wes-rugbyunie, (GWRU), het op 16 November aangekondig dat die bestuur van GWRU, in ’n bestuursvergadering besluit het om vrywillige skeidingspakkette aan alle administratiewe personeel aan te bied.

“Die pakette is slegs vir personeel wat nie direk by die professionele span betrokke is nie,” sê Louw.

“Die besluit is geneem om die unie se struktuur in lyn te bring met sy strategie en om die besigheid ’n billikke kans te gee tot ’n volhoubare ekonomiese besigheid,” het Louw verder gesê.

Dit is nog nie duidelik wie van die administratiewe personeel die skeidingspakette gaan aanvaar nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: