Vrou vanoggend doodgeskiet vir haar voertuig

Deel hierdie storie / Share this story

HIERDIE BERIG BEVAT ’n GRAFIESE VIDEO WAT NIE VIR SENSITIEWE KYKERS BEDOEL IS NIE.

JOHANNESBURG. – ’n Video van ’n vrou wat vanoggend doodgeskiet en uit haar voertuig geruk word, word wyd op sosiale media versprei en is reeds honderde kere gedeel.

Volgens die Burgerlike Beskerming Facebook-blad, is hierdie vrou as Isabel van Coller (56) geïdentifiseer. Sy het na bewering by Emer-G-Med Ambulansdienste hier gewerk.

Hierdie voorval het vanoggend omstreeks 05:25 by ’n oorgang in Bramley in Johannesburg plaasgevind.

Op die video kan gesien word hoe sy by die oorgang stilhou en vier verdagtes haar voertuig nader. Hulle het haar geskiet en uit die voertuig gepluk, voor hulle met haar voertuig weggejaag het.

Volgens Maroela Media se berig, het kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, gesê niemand is nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie.

“’n Saak van moord en kaping word ondersoek,” word berig.