Christina Diedericks (16), Annika Esmarelda Lindeque (16) en Rohan Duwayne Swart (20), wat op 5 November by die meisies se skool in Randfontein verdwyn het, is gevind.
Die twee meisies is na bewering op 5 November by Riebeeckrand om 07:00/07:30 by die skool afgelaai. Een van die meisies het na bewering ’n brief agtergelaat wat sê hulle gaan wegloop.
Daar word beweer dat Swart die twee meisies by die skool in sy Ford KA opgelaai het.
Lere Diedericks, ma van Christina Diedericks, het gister aan FiND iT bevestig dat die meisies nogsteeds vermis is.
Gevind
Kons. Tsietsi Magawai, van die polisie in Randfontein, het aan FiND it bevestig die meisies is ongedeerd in Durban gevind en is terug by hulle ouers. Volgens Magawai het die meisies gesê hulle het weggeloop oor beweerde mishandeling. Die ondersoek duur voort.
Lere Diedericks het aan FiND iT bevestig die meisies is gevind: “Al wat ons kan sê, is ons harte is so bly dat hulle gevind is.”



