KURUMAN. – ’n 25-Jarige man is gisteroggend in hegtenis geneem, nadat vermoedelik gesteelde goedere van sowat R100 000 in sy besit gevind is.
Die verdagte is by Bankhara, buite Kuruman, in hegtenis geneem.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê polisielede het na ’n huis hier gegaan en vermoedelik gesteelde goedere gevind, soos televisiestelle, kameras, geheuestokkies, luidsprekers, selfone ensovoorts.
“Die beraamde waarde van hierdie items is sowat R100 000. Die man is in hegtenis geneem nadat hy nie vir die beamptes kon sê waar hy die goedere gekry het nie en ook nie die nodige dokumente kon lewer wat daarop dui dat die items aan hom behoort nie.
Kock het bevestig die verdagte sal binnekort in die Kuruman-landdroshof sal verskyn.




