Grand Slam Show en Shine is ’n liefdadigheidsgeleentheid waar jy met jou motor kan kom spog. Die geleentheid sal op Saterdag 16 November by Clive Solomon-stadion, Bloemfontein, plaasvind. By hierdie geleentheid gaan mense spog met al die verstellings wat hulle aan hulle motors gedoen het, soos die binneversiering, verfwerk, enjins en nog baie meer.
Alle fondse wat tydens die geleentheid ingesamel word, sal aan Bophelo- kinder- en jeugsorgsentrum geskenk word.
Om die geleentheid moontlik te maak, het hulle egter donasies nodig in die vorm van:
- Pryse vir die deelnemers
- Beoordelaarsfooi
- Fooi vir die platejoggie
- Fooi vir die huur van die perseel
Indien jy enige donasie wil maak, sal dit opreg waardeer word. Om donasies te maak, kontak vir S. Jampies by 0745798183 of vir M. van Rooyen by 0847590314.
Foto: Google



