Wateronderbrekings vir eers gestop

Deel hierdie storie / Share this story

Na verwagting sal nagtelike wateronderbrekings vanaf Woensdag 13 November stop.

Sello Matsie, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het in ’n persverklaring vandag bevestig wateronderbrekings sal na verwagting Woensdag gestop word.

“Ons versoek die gemeenskap om voort te gaan om water te bespaar en lekkasies by die inbelsentrum aan te meld. Waterwerke gee aandag aan die gebiede wat tans sonder water is.”