Een persoon dood toe motor rol

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Een persoon is dood toe ’n motor ongeveer 16km buite Kimberley op die Griekwastadpad gerol het.

Die ongeluk het net voor 09:00 vanoggend gebeur.

Albert Hensberg, bestuurder van ER24, het bevestig een persoon is op die toneel dood verklaar.

Owerhede is op die toneel.