KIMBERLEY. – Die babadogtertjie wat Dinsdagoggend deur ’n onbekende man na die Galeshewe-polisiekantoor gebring is, se ma het haar kom soek, nadat haar biologiese pa haar glo by die polisie gelos het.
Die babadogtertjie is glo net ses maande oud.
Besonderhede
Kapt. Bashoabile Kale, polisiewoordvoerder, sê die man het die baba omstreeks 6:00 daardie oggend na die Noord-Kaapse wetgewer se hek geneem. Die man het na bewering haastig weggeloop voordat polisielede sy besonderhede kon neem.
Polisiekantoor
Kale sê die ma van die dogtertjie het by die polisiekantoor aangemeld op soek na haar baba.
Biologiese pa
“Dit blyk dat die man wat die baba na die wetgewer se hek geneem het, inderdaad die biologiese pa van die baba is. Hy het gejok toe hy sê hy het die kind agter die wetgewer gevind.”
Ondersoek
Kale sê die dogtertjie is nog in die sorgsentrum terwyl die Galeshewe-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe die saak verder ondersoek.



