Bobby van Jaarsveld nie die jaar by Afrikaans is Groot nie

Deel hierdie storie / Share this story

Bobby van Jaarsveld (32) het Saterdag op Facebook bekend gemaak dat hy nie hierdie jaar by Afrikaans is Groot sal kan optree nie.

Hy het die Facebook plasing begin met : “Ek moet iets met julle deel wat ek werklik gehoop het nie nodig sou wees nie.”

Bobby het reeds verskeie operasies op sy stembande ondergaan nadat hy in 2016 poliepe van sy stembande laat verwyder het.

Bobby het verder in die Facebook plasing gesê: “Ek is reeds vir ’n paar maande op stemrus en het bly hoop en glo dat ek teen hierdie tyd gereed sou wees om op die Afrikaans is Groot verhoog te kan wees in November. Ek is nog nie 100% reg nie en daarom het ek geen ander keuse as om vanjaar AiG mis te loop nie. Dit is onsettend hartseer vir my, juis omdat ek by elke jaar betrokke was, maar ek glo werklik dat my ondersteuners sal verstaan. Ek is geweldig dankbaar vir die volgehoue ondersteuning en onderskraging van die AiG-vervaardigers en sien werklik uit om terug te wees in 2020.”