Bejaarde helderoordag verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n 58-Jarige man van Roodepan is gearresteer in verband met die verkragting van ’n bejaarde vrou.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê daar word beweer dat die 72-jarige vrou gister, omstreeks 13:00, langs Hammerkopstraat in Roodepan verkrag is.

“Die slagoffer het die polisie onmiddellik gekontak en ’n soektog na die beweerde verkragter het begin. Hy is later in Roodepan in hegtenis geneem.

“Die verdagte sal na verwagting binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.”