WARRENTON. – Die polisie het ’n intensiewe soektog na die verdagte, wat die naweek ’n 86-jarige vrou hier vermoor het, geloods.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê daar word berig dat die slagoffer Vrydagaand omstreeks 22:30 deur ’n gewapende man aangeval is. “Die slagoffer is van haar televisiestel, vyf hoenders en vleis uit die vrieskas beroof.”
“Die slagoffer se buurman het op haar afgekom en haar na die plaaslike hospitaal gehaas waar sy later aan haar beserings beswyk het.”
Enigiemand met inligting oor die verdagte word versoek om vir kapt. Fourie, die ondersoekbeampte, by 082 495 4739 te kontak.
“Veiligheid van senior burgers is altyd ‘n topprioriteit van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en lede van die gemeenskap word versoek om te verseker dat ons bejaardes te alle tye beskerm word. Plaaslike stasies of gemeenskapspolisieforums kan gekontak word vir hulp,” verduidelik Ramatseba.



