KIMBERLEY – Die liggaam van die man wat Saterdagaand omstreeks 19:00 in die blombedding by Hawie’s garage, Kaapstadstraat, Beaconsfield, gevind is, is nog nie geïdentifiseer nie.
Die liggaam van die man, wat vermoedelik in sy laat veertigs was, is deur ’n persoon raakgesien en die polisie is gebel.
Nico Schaup, wat by Hawie’s garage werk, sê dat niemand in die omgewing die man ken nie. Lede van die gemeenskap het die man vroeër die dag in die nabygeleë taverne gesien, maar weet nie wie hy is nie.
Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, sê: “Ons versoek enige persoon met inligting wat ons kan help om die oorledene te identifiseer om die ondersoekbeampte, AO. Pam Mafaro by 082 3020 470 te kontak.”



