Torga Optical het ’n nuwe voorkoms!

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Torga Optical het na amper 10 jaar ’n nuwe voorkoms, wat ook baie nuwe dinge inhou.

Jean-André Coetzer, die bestuurder van Torga Optical in Kimberley, sê hulle stel baie hoë standaarde vir hulself. “Ons lense word met die nuutste Duitse tegnologie gemaak en ons rame volg die huidige modegiere. Ons nuwe en meer moderne voorkoms pas dus beter by ons beeld en handelsmerk.

“Een van die groot veranderinge met ons nuwe voorkoms is dat daar heelwat meer spasie en beweegruimte is. Danksy hierdie addisionele spasie het ons nou plek om tussen 350 en 400 meer rame as gewoonlik aan te hou.”

Hy sê die privaatheid tydens ’n oogtoets, asook die screening voor die oogtoets is geprioritiseer.

“Ons sien uit om te hoor wat mense dink van ons nuwe ‘baadjie’,” sê Coetzer. “Die plek lyk nuut en voel ook nuut, daarom gee dit ons meer energie om ’n verskil in meer mense in en om Kimberley se lewens te maak. Ons wil hê almal wat uit die winkel stap, moet met ’n glimlag uitstap. ’n Revamp was nodig omdat dit ‘n teken van ‘n nuwe begin is. Die praktyk het onlangs nuwe eienaarskap en bestuur gekry en die opgradering is net die kersie op die koek.”

Hy sê hierdie opgradering kom ook met verantwoordelikheid wat betref die diens wat verskaf word. “Ons moet ook ’n goeie diens aan ons kliënte lewer, want die diens en voorkoms van Torga Optical moet ewe asemrowend wees.”

Promosies wat nie misgeloop kan word nie:

ONE-2-FREE Fashion Promo vanaf R2 800 insluitend een oogtoets, 2 Fashion-rame met voorskriflense en gratis sonbriltint op tweede bril.

ONE-2-FREE Multifocal Promo vanaf R3 999 insluitend een oogtoets, 2 Classic0rame met multifokale lense en gratis sonbriltint op tweede bril.

DOUBLE-UP Promo insluitend ‘n gratis dubbele opgradering op jou raam (spaar tot en met R1 200)