UPINGTON. – ’n Een-en-dertigjarige man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord en roof op ’n 71-jarige man.
Piet Jors (31) is gister tot lewenslange tronkstraf en 15 jaar vir roof gevonnis.
Sers. Sharon Masegela, polisiewoordvoerder, sê Frederick Rademeyer (71) is op 26 Januarie 2019 van sy kontant en selfoon beroof en toe brutaal vermoor by sy huis op Upington.
“Sy liggaam is deur die tuinier gevind toe hy die oggend aangemeld het vir diens. Hy het die polisie onmiddellik in kennis gestel.”
Sy sê Jors het in aanhouding gebly terwyl die ondersoek voortgegaan het. “Vingerafdrukke het hom aan die moord op Rademeyer gekoppel.




