KIMBERLEY – Daar is vanmiddag na bewering by ’n huis in Graham Edenstraat ingebreek. Die TV, klere, kos en ander items is gesteel.
Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê: “Die polisie in Kimberley ondersoek ’n saak van huisbraak en diefstal nadat daar by ’n huis in Graham Edenstraat in Kimberley ingebreek is. ’n Televisie en verskeie ander goedere is gesteel. Geen arrestasie is tot dusver uitgevoer nie. Die ondersoek duur voort.”



