Op ’n pragtige, sonnige Saterdagoggend met ’n vrolike atmosfeer, is die polisie se nasionale marathonkampioenskappe in Kimberley aan die gang, waar deelnemers hulself vir die 21 km-, 10 km- en 5 km-wedrenne onderskei het.
Die wedloop het vanoggend om 06:30 begin met die polisie wat saam met Vodacom aan hul jaarlikse Mark van Niekerk-marathon deelneem.
Mark van Niekerk is die voormalige voorsitter van Vodacom Road Runners wat oorlede is nadat hy deur ‘n voertuig getref is terwyl hy in Kathu gehardloop het.
Die polisie se marathonkampioenskappe is op Donderdag, 10 Oktober, gehou en dit is die belangrikste en laaste dag daarvan. Al nege provinsies en hoofkantoor het dit uitgekryt vir die ontwykende tittels en spogregte.
Die geleentheid sluit die af met ’n galadinee om erkenning te gee aan diegene wat goed presteer het.








